4 December 2015: Miami
Gedink :The End, maar its never over till the fat lady sings, lyk dit vir my!!!Gister afgeklim in n nat en trietsige dag in Miami,voorspelling was swaar reen en reen heel dag.So ek en liefie is vandag met die crew shuttle downtown toe want nie kans gesien om in die harde reen te stap nie.Se vir hom op ons eerste dag saam in Miami het ons die shuttle gevat en wraggies eers weer op ons laaste dag saam in Miami.So het omtrent my stap oefening ingekry in al die weke tussenin.Natuurlik al wat leef en beef was vandag in Starbucks en met wi-fi besig want in die reen wil jy nerens nie.So ons het eers so staan staan ons besigheid gedoen, dan le jy teen die ruit en later toe die reen bietjie skiet gee toe maak ons nat stoele met ou koerante en starbucks servette droog om net vir n rukkie te kan sit,moeg gestaan!! Daarna grocerie shopping vir liefie gaan doen vir sy laaste trek en toe besluit gaan terug stap skip toe, sommer so in die reen,want darem nie hard nie net so effens,ek het soos blinde gevoel want het oppad harder begin reen en is eers toegedraai in my plastiek poncho en omdat die wind waai moes ek die sambrieel reg voor my gesig hou sodat die nie omgedop word nie so,liefie moes my waarsku teen enige aankomende objekte!!!So teen die tyd wat ons by die skip aangekom het toe lyk ons soos natgereende hoenders,vere uit hul plek!!Met ons aankoms daarso sien ons hope polisie karre en ek se nogal vir liefie hier is iets aan die gang ,min het ons geweet hierdie gaan nog n baie lang Vrydag raak.Wel liefie is na sy hek om skip toe te gaan en ek val toe in my ry en toe ek nie direk op die skip kon klim nie toe weet ek hier is beslis iets aan die gang.Om n lang storie kort te maak daar het so teen 12h00 of daar rond glo n verdagte persoon deur die skip sekuriteit gegaan en toe hulle die ou wou terug roep om hom te ondervrae toe hol hy net aan en het glo ook n pakkie in sy hand gehad.Wel dit was die begin van 8/9 ure se gewag en skip is deursoek vir einge verdagte goed,dit was polisie,polisiehonde,noem maar op,chaos, want toe is daar reeds passasiers op die skip en die moes toe eers ook almal af en toe eers begin die ondersoek.Ons is oor die 2000 passasiers en wat nou n lekker naweek cruise moet wees ,begin met 8/9 ure se gewag in die wagkamer,moet se die mense was eintlik heel kalm en rustig, kos,water,koekies,broodtjies,nappies,hoofpyn pille is aangedra terwyl hulle SOEK.In die tyd dink ek liefie is al lankal op die skip maar min gewis, die sit op n ander vloer ook en wag,hy is toe ook later nader geroep vir n passasier met borskaspyn,en die is toe weg hospitaal toe vir verdere ondersoeke.Die maan het al opgekom toe ons eers na 9 ure weer toegelaat is om op die skip te klim,teen die tyd stokflou,honger dors en moeg.Nie warm klere saam gevat nie en sit toe later onder my einste reen poncho om net warm te bly,ander het gelukkig handoeke van die skip gekry.Well needless to say,baie bly ons het die groen lig gekry en is seker eers 23h00 die aand uit Miami weg,6 ure nadat ons moes vertrek het.Toe is almal honger en moeg so ons is so stilletjies die nag uit Miami weg.Dink hulle het seker al die enjins aangesit ,full throttle,want ons het net 3 ure laat in Nassau aangekom op n lieflike oggend,wel hoop dit is nou die einde!! tot volgende keer,mooi bly.
Die Einde!!
No comments:
Post a Comment