Monday, 19 October 2015

14 Oktober 2015 : Nassau Bahamas

14 October 2015 : Nassau Bahamas
Full house in this port again with 4 ships visiting today. Don't even want to think what it must feel like here in the middle of their summer.The passengers seem to come right around the year so always busy and on the go.One thing that does stand out ,are all the palm trees,they are all over here and in Miami,so gives you this tropical feel.Hubby full of plans to take the long road to South Beach when he is off again but after looking how far it looks when we left port on Monday i said don't think i will be joining him on that venture too far and too hot ,i might not survive!!  will prefer the hop on hop off bus to South Beach.

15 Oktober 2015: GSC
Vandag was dit weer die eiland en liefie is weer vroeg met die eerste tender boot af om op sy pos te wees wanneer die eerste passasiers afklim.Vroeg het dit gelyk asof die weer teen ons gaan wees vandag maar gelukkig het dit toe uitgedraai in n lekker dag met n stewige windtji wat dinge darem draagbaar maak.Ek klim maar af as liefie werk want dan kuier ek by hom en ek probeer elke keer swem.Nog n baie positiewe ding is dat mens connected is en darem kan gesels.Vandag kon ek met my GROOT goggles wat oor my bril toe pas gebruik en lekker lees.Het n vreeslik intressante boek gekry van n vrou wat vinger alleen oor die Atlantic met n roeiboot die tog aangepak het,crazy en wragtig toe ook in hurricanes gevang,dat sy oorleef het n wonderwerk.Begin nou elke keer hierdie tipe boeke kies en geniet dit baie.Leer n paar dinge hier van myself! Myself weer besig gehou met 
mense kyk en lees,ooo kry nooit genoeg van net kyk nie is soos n lewendige fliek wat so voor jou afspeel.Het ook n vals alarm gehad en die verpleegster en lewensredders is met die 4x4 trekker met n spoed weg na n potensiele pasient wat geval het maar gelukkig was dit toe niks nie.Dis nogal iets wat vir my n vreemde ding is, maak altyd vreeslike lawaai en dan is dit eintlik niks.Ek sou dink hulle sou soos ons maak eers dood seker en dan roep jy die dr as jy weet nee ok hier is iets of n probleem.Tot n rystoel die ander dag gekry vir iemand wat haar toon gestamp het,n jong vrou.Dink hulle moet bietji by ons in Africa kom kuier!!!Omdat die een verpleegster Vrydag huis toe gaan was dit weer tyd vir uiteet en ons het n heelike aand in een van die restaurante gehad.Die ander dokter beter leer ken en lekker galag vir al sy stories,hou van avontuur en n regte go getter,wild!! Wil glo hierso ook n motorfiets huur in Miami en bietjie die stad gaan verken,miskien moet ek vra om saam te gaan!!! Spot sommer nee my hart sal dit nie oorleef nie en dink ook nie my man nie.Ons is laaste die aand uit die restaurant en laat in die kooi gekom maar was heerlik.Het ook die aand ons vasgeloop in die leeu se bek ,net voor ons kos gekom het ,het die kaptein sy rondtes gedoen en ek is vir die eerste keer aan hom voorgestel,die wou weet hoe is dit moontlik dat ek al drie weke hier is en hy my nou eers ontmoet,gespot en gese nee liefie sluit my toe en laat my nou en dan uit!!Anyway toe ook vertel hy was al verskeie kere in ons land en natuurlik op wild plase,sy vrou skrikkerig toe sy hoor op die wildplaas waar hulle was ,het n luislang al verskeie goed al gevang soos onder andere n klein koedoe en in plekke gekuier waar gaste ook kom!!! Genoeg om my ook af te sit.So tot more.

16 Oktober 2015: Miami
Today i knew there was big rain on the way,the cloud were low and heavy but still decided to go galavanting because next week hubbies turn, then we do what he wants to do.Take turns then both of us happy! I was lucky to get to the waterfront without any rain but while i was sitting in Starbucks the heavens opened and it came pouring down,big time.Had all day so decided to just wait until the rain stopped and then i wanted to go browsing.As usual when you try on clothes the time flies but very happy because i got myself a new cozzi for the summer at home.Wit en navy stepe vir ou grys skipkat,think here they cater for the larger women!! bo langs!!!Also got my info about the hop on hop off busses so now we just have to get a day to do it.My walk back to the ship was in a record time for the rain was on the way again and did not want to get caught in pouring rain,thank goodness i made it,so very glad and thankful. Igor the other dr took the long road to South Beach and he says it was far,something like 10 miles so thank goodness i did not try and he got caught in the rain.We left Miami in the rain and the storm clouds are still around,the sea is upside down and we are tossing and turning,hopefully not to ruff tonight.Hubby has just informed me we are in for a rough ride,great!!A new nurse has just joined so feel so sorry for her for it is really a gigantic task lying ahead to start a new job here,so many things to learn,lot and lot of admin and rules.So you have to start swimming quickly,so it either swim or sink!Luckily the other team members are very nice people and helpful,a nice team.Since i have been here i have not worn my jeans once but tonight i am cold so thank goodness for some warm clothes.Well until tomorrow,bye

17 Oktober 2015: Nassau
Die nag het vir my baie kort gevoel,en was maar n gerol maar darem nie die ergste wat ek al beleef het nie.Eers laat gaan eet want liefie hulle het opleiding gehad tot na 9 die aand maar wat n ongelooflike vrou, een van daardie dinamiese mense wat mens ontmoet en onmiddelik n indruk op mens  maar,hoe se liefie ,ken van sales talk sal perde drolle as vye kan verkoop! The gift of the gab! Party kan maar net n ding doen of gebore om goed te verkoop.Toe ons vanoggend wakker word in Nassau toe is dit maar treurig buite en beslis reen oppad en sommer baie het ons later uitgevind.Eers na 13h00 afgeklim want liefie hul was weer besig tot daardie tyd toe maar met die 
afklim  slag die reen in en eers in die winkels rondgedrentel waar ons fotos geneem het met ons rasta hoedens en dreadlocks!! Eers na die tyd gedink aan n vriendin wat sal se nee magtig wie het nie al almal daardie hoed al aangepas nie! maar toe is skade reeds gedoen en op kamera vasgele.Wou nog by die pirates museum nog n foto laat neem maar dit sal moet wag vir volgende besoek want toe reen dit behoorlik.Na n lekker koffie en dounut by Dunkin Dounuts het ons besluit dalk tyd vir terug gaan skip toe want mislike weer en ons gaan nie vandag by swem uitkom nie en die reen hou nie op nie, min het ons geweet hierdie is maar die begin want oppad terug toe is dit soos n wolkbreek en dit sous behoorlik ,ons het tot in n winkel gaan skuiling soek.Nie lank gevat nie toe raak liefie kriewelrig en se nee kom ons hol maar in die reen terug skip toe en ons is die reen in met ons klein swart sambrieel,needless to say, pap nat by die skip aangekom maar was eintlik fun,party mense sommer net so kaal stert in hulle costuums in die strate rondgeloop want alles anyway nat en deurdrenk met sulke gietende reen.Toe was dit tyd vir n lekker warm stort en woerts in die bed vir n middag slapie.Die einde van die maand is ons weer in vir n charter cruise maar lyk my dit gaan dalk vir my baie lekker wees want sover praat hulle van n country musiek cruise so net die tyd sal leer,en ons besoek 2 nuwe ports waaroor ek baie bly is,Key West en Georgetown,weet glad nie waar dit is nie en wat om te verwag nie maar sal regmaak vir groot stappery want ons besoek nie weer daardie plekke nie.so sal elke minuut moet laat tel.So tot more.



18 October 2015: GSC
This morning we arrived at the island but things not looking good weather wise and with the first staff that tried to get on the tender boats the sea and swells just to ruff and the one poor nurse came running into the medical looking green and running for the bathroom!! and that is even before they took off to the island in the tender boat.Luckily the captain decided that there would be no visits to the island for today because safety comes first .So the ship will be at sea for the day and tomorrow we have to be back in Miami early morning.Seems to be raining a lot all over and especially in Mexico talking about another ?? storm that might develop but i really hope not,just the word hurricane enough to let my hair stand on en,doodbang vir die tipe goed!! ons ken dit mos nie,n erge donderstorm vir my erg genoeg!!So ek het vanoggend besluit om n lang gym sessie in te kry en toe is dit n lekker ontbyt.Vandag was grooming day,voete,hakke skuur en naels verf so nou is als weer reg en mooi.wil darem ook nie soos n regte seerower of skipkat lyk nie,skurwe hakke en lang beenhare of moet ek se armhare!!Liefie aan diens vandag en lyk my hulle bedrywig so die vat skaars grond.Sover is die see darem nie te rof nie maar ons rol so n bietjie.Dink ek gaan vamiddag maar die duvay nader trek en slapie inkry,met die gewieg is jy gou aan die slaap.Nou ja tot more mooi bly.

19 Oktober 2015: Miami

Well what a night!! vroeg aand begin rol en ruk!!! So nou en dan het n brander met n geraas teen die skip gebreek dan was ek natuurlik wakker en toe ons in die middel van die nag opstaan vir die badkamer en liefie se kom kyk orals wit branders ,toe se ek nee wat ,wil nie eers sien nie!Toe is ek nog deurmekaar met daardie motorhead bangmaak rock en roll mense ook nog,nagmerries!!!!en net besig om die kinders te waarsku teen hulle so needless to say nie n goeie rustige nag gehad nie.Vroeg vanoggend afgeklim en ek en liefie die strate in, in Miami.Nie eers ontbyt gehad nie en toe proe hierdie starbucks koffie darem vir jou nou heelik.Terwyl ek sit en wag vir liefie anderkant customs toe moes ek lag vir n ander vroutji sy vertel my haar arme man word in elke land afgetrek en deursoek van kop tot tone en al sy goed,hoekom weet sy nie maar toe ek hom uiteindelik sien toe weet ek hoekom ,ongelukkig het hy die profile van die lang donker man met die donker baard en wit klere en sandals,julle weet wat ek bedoel,arme ding en soos hy toe ook se hoekom hulle my kies weet ek nie!!Hoe se jou nou vir so n man maar jy lyk soos hulle wat daardie tipe goed doen!!!So bly darem koel vandag en lyk asof ons dalk weer in die reen gaan vasval maar nou ja ook reg so eerder dit as die vreeslik hitte en gesweetery.Wel to volgende keer ,kan nie glo oor 6 weke is ek alweer oppad huis toe en ek kuier nog lekker!!

No comments:

Post a Comment