2 Oktober 2015: MIAMI
Bitter dankbaar het gisteraand geen rowwe see en hurricane moeilikheid gehad nie,weet hulle probeer die skip weghou van sulke moeilikheid maar mens is maar op jou senuwees want die prente op CNN van die see en wind het maar rof gelyk.Weet ook nog nie waarheen al die moeilikheid heen is nie maar hopelik weg van ons roete!! Gelukkig vandag bewolk in Miami so darem nie so warm nie.Beste nuus van die dag is die hooligans is af van die skip ,die moes vanoggend teen 9.30 almal af wees en sooooo dankbaar dis verby en hopelik nooit weer nie.Vandag weer nuwes maar darem normale mense, as ek dit so kan stel.Het eers weer al langs die water kant gestap en toe eers shopping gaan doen voor ek rustig in Starbucks kom sit het met my strawberry ys drankie,die wifi vandag maar stadig maar hoe se die skip werkers baie tyd,till the 4 January,hulle sign off date!!! So gelag vir die een werker toe ons een aand in die hyser staan en hy het n trollie wat hy moet instoot en hyser vol,sy chirp ok i will take next cruise!!!!Haal my hoed vir hulle af sulke lang tye van die huis en altyd vriendelik en chirpy.Nou ja amper tyd vir terugtog na die skip en n stywe wind van voor ,5 uur vat ons weer die pad see toe.Net toe ek die tog terug moet vat, loop ek vir Igor raak ,die ander dr en daar kon ons mekaar darem geselskap hou met die stappery,terug skip toe en ooo genade hy kan gesels,non stop,so voor ons geweet het was ons terug by die terminaal.Vreeslike nice ou en besef net weer ons maar eintlik baie dieselfde met dieselfde ideale en drome vir onself en ons gesinne.Dink sal met hom ook in kontak bly,so met die werk kry jy mense wat jou pad kruis en wat n merk los op n positiewe manier,of jy ontmoet ouens en mens click net dadelik.Die mannetjie het die mooiste smile en is 28!vir die loslopers!! Sal eintlik vir my ook lekker wees as al die met wie mens n pad gestap het, eendag vir ons kom kuier in SA.Hulle kom ook van oor die hele wereld,USA,Sirie,Phillipyne,Napolie,eintlik amazing, dan voel die wereld eintlik nie so groot nie.Nou ja tot more
3 Oktober 2015: @SEA
Today we at sea again for the hurricane in our way back to Bahamas so ,have to drift around until it decides to get going.Well last night the cruise started with a bang when i just heard a lot of shouting and screaming outside my room,only to discover a domestic violence case on the go,poor lady physically abused ,even bitten,terrible so a situation like this on the beginning of ones cruise!that is one thing i cant get my head around,maybe because it is so foreign to us and the sad reality, happens daily to millions over the world by people who claim to love them.Things like this make you realise how thankful we must be for what we have.Anyway that kept hubby busy for a long time so only got to bed very late,he had to settle for room service but got spoilt with baked salmon and a lovely salad.The sea is omgekrap and tossing us around wit perde orals, so think we in for a bumpy round, have to be in Nassau tomorrow morning but around here the weather is boss ,so we will see.Want to go and explore towards Atlantes tomorrow for am told beautiful homes all along the water hopefully i will have some nice pics to show you.Until tomorrow ,bye
4 Oktober 2015 : NASSAU BAHAMAS
Wel lyk my die hurricane is nou vort en oppad na Bermuda en dan die diep see,so hopelik niks meer die kant toe nie!Veilig in Nassau aangekom en lekker dag buite.Vreeslike hitte bietji skiet gegee en weer 4 skepe in die hawe.Langs ons was die Royal Carribean se Oasis of the Seas,en hoor vanoggend dis die grootste passasiers skip op die see,of dit nou die waarheid is weet ek nie maar so het van die personeel wat hier werk gese.Moet se teen ons klein skippie lyk hy bitter groot en is ook vamiddag eerste weer weg uit die hawe.Ek het toe eers laat afgeklim en toe besluit om n draai te gaan maak in Atlantes.Het toe al langs die waterkant gestap en vir my weer bitter ver gevoel maar toe wraggies net 2 km van die hawe.Toe ek natuurlik eers daar kom en daar is so baie om te sien besef ek hier sal ek my tyd moet doghou want wil net nie laat terug wees nie.Is maar nes Sun City maar by die see,Sol Kerzner se plekkie in die son!Die waterkant het natuurlik die mooiste en grootste seiljagte ,die een groter en grander as die ander!party lyk vir my splinter nuut uit die boks,wil nie eers weet wat hulle kos nie.Volgende keer as liefie by is sal ek meer tyd wil spandeer en dinge rustig bekyk.Hierso is dit Sondag vandag en baie van die winkels is toe,so ek wou nog by die supermark n draai maak maar voor dooie mansdeur gekom,amazing dat die mense hou by hulle geloofs oortuiging.Ek was weer stok flou na my stap en dadelik eetsaal toe vir n heerlike koue koeldrank met ys!!Terwyl ek daarso sit, lig die kaptein ons in dat n Amerikaanse vragskip in die hurricane verdwyn het, dink hyt gese met 32 mense aan boord, so dit bitter scary, dink hyt dit vertel om te verduidelik hoekom die skip nie gister by die privaat eiland aangegaan het nie omdat veiligheid eerste kom en hulle nie geweet het wat die hurricane gaan doen nie.Dankie tog vir weervoorspelling en radar tegnologie.was in n storm toe ons in Quebec was en dit was erg genoeg vir my, na dag 2, begin groen voel!! Wel nou weer oppad Miami toe en more is liefie af ,so dis weer strate toe vir ons! Mooi bly tot more.
No comments:
Post a Comment